Namibië herdenk Erfenisweek

Namibiese Erfenisweek vind vandeesweek onder die tema “Unity in Diversity” plaas. Die week word gewy aan die ryke en diverse erfenis van Namibië en agt streke in die land neem deel aan aktiwiteite. Beverly van Wyk, die vise-voorsitter van vanjaar se Erfenisweek sê die publiek word hartlik uitgenooi om deel te neem aan die aktiwiteite tydens Erfenisweek.