US$1,9 miljard se Powerball-trekking uitgestel

Amerikaanse amptenare het die trekking van die rekord-1,9 miljard Amerikaanse dollar in daardie land se Powerball-lotery uitgestel. Volgens die lotery-owerhede is dit as gevolg van sekuriteitsprotokolle wat nagekom moet word. Die owerhede sê dat een deelnemende lotery nog nie die bepalings nagekom het nie. Daar word berig dat al die vereistes deur die 48 loterye wat deelneem, nagekom moet word.