NSFAF: Data het nie uitgelek nie, dis aspris gepubliseer

Berigte dat data van die Namibiese Studente-hulpfonds uitgelek het is volgens die fonds se uitvoerende hoof Kennedy Kandume nie korrek nie. Daar was berigte dat amper 11 000 studente se inligting, ook besonderhede wat die diefstal van hulle identiteit sou toelaat, per abuis publiek gemaak is op die internet. Kandume sê dit is verkeerd. Inligting van studente word op hul webtuiste bekend gemaak om hulle in te lig oor hul aansoeke.