Urine na personeellid by kliniek gegooi

Die Gautengse LUR vir gesondheid en welstand, Nomantu Nkomo-Ralehoko, veroordeel die onmenslike behandeling van gesondheidsorgwerkers in ‘n munisipale kliniek in Tsakane, Ekurhuleni. ‘n Video op sosiale media wys hoe ‘n ongelukkige lid van die publiek na bewering urine na die personeel van Calcot Dlepu-kliniek gooi terwyl hulle op middagete is. Die departement se woordvoerder, Motalatale Modiba, sê ongeag die persoon se klagte, is hierdie aanval ongevraagd.