Klopjagte deur Israelse soldate in besette Wesoewer

Minstens agt Palestyne is dood en tientalle beseer in klopjagte deur Israelse soldate in die besette Wesoewer. Die Israelse weermag het die klopjagte in en naby die Jenin-vlugtelingekamp bevestig. Volgens die Palestynse minister van gesondheid het ambulanse gesukkel om die beseerdes te bereik. ‘n Kindersaal in ‘n hospitaal het ook onder traanrook deurgeloop. Volgens Israelse mediaberigte het soldate op die vlugtelingkamp toegesak nadat hulle inligting ontvang het oor waar ‘n Islamitiese ekstremis skuil wat ‘n reuse-terreuraanval beplan het.