Uraanontginning: Goed vir Leonardville se ekonomie, kommer oor water

‘n Gemeenskapslid van Leonardville sê Uranium One se uraan-eksplorasie-projek kan ‘n hupstoot vir die ekonomie gee. Die maatskappy van Kazakstan het verkenningstoer van hul bedrywighede aangebied en Kosmos 94.1 Nuus was op die plaas Tripoli naby Leonardville. Kundiges het die versekering gegee dat die metode in situ loging omgewingsvriendelik en veilig is. Pietie du Toit van Toitjies Boerediens sê sy enigste kommer is die impak op die ondergrondste water.