Boulter, Maree se sake begin vandag in die hoërhof

Twee hoë-profiel sake begin vandag in die hoërhof. Die eerste is die moordsaak waar die Britse miljardêr Harvey Boulter aangekla word met die skietdood van sy plaasbestuurder Gerhard van Wyk, 54, in Februarie 2021. Die tweede is die verhoor van die vermeende pedofiel en voormalige polisieman Johann Maree. Hy moet 75 kriminele klagte verdedig. Beide die sake kom vlugtig voor regter Christie Liebenberg voor. Intussen kom die omstrede NEFF-lid, Michael Amushelelo saam met sy sakevennoot Gregory Cloete voor adjunk-regterpresident Hosea Angula voor inverband met hulle korrupsie en geldwasserysaak. Die twee het by hulle vorige verskyning te kenne gegee hulle moet vir regshulp aansoek doen.