Uraan verdwyn spoorloos in Libië

Inspekteurs van die Verenigde Nasies soek na sowat twee-en-‘n-half ton natuurlike uraan wat spoorloos verdwyn het by ‘n regerings-terrein in Libië. Die Internasionale Atoom Energie-agentskap het kommer uitgespreek oor ‘n moontlike bestralings-gevaar wat dit inhou. Die agentskap het aan lidlande gesê tien vraghouers natuurlike uraan, wat voorheen by ‘n regerings-terrein was, word vermis. Daar word nou ondersoek ingestel na hoe dit verwyder is en waarheen dit geneem is.