Universiteitsport in SA kry nuwe hoof

Die hoof van die Departement Sport en Ontspanning by die Tshwane-Universiteit vir Tegnologie se Pretoria-kampus, Kegoikantse Kgomo, sê sy hoofdoelwit is die bevordering en ontwikkeling van dié sportsoort. Hy is tot voorsitter van Universiteitsport Suid-Afrika: Sokker vir die tydperk 2022-2024 verkies. Kgomo sê hy sal voortgaan om sy liefde en passie vir die sport met ander te deel: