Een stappie nader aan kernkragooreenkoms met Iran?

Iran het aangekondig hy het dokumente oor sy onverklaarde kernaanlegte na die Verenigde Nasies se kernkragwaghond gestuur. Dit bring die land een stap nader daaraan om sy 2015-kernverdrag te laat herleef. Iran het sommige van die Internasionale Atoomenergie-agentskap se inspeksies beperk. Die agentskap het voorheen ‘n beroep op die land gedoen om vrae op te klaar rondom die vorige teenwoordigheid van kernmateriaal by onverklaarde persele. ‘n Ooreenkoms tussen Iran en die agentskap in Maart poog om die kwessies rakende vier persele op te los.