Universiteite hervat Maandag lesings

Namibiese skole het gister ná ‘n lang wintervakansie weer begin en universiteite maak hul deure volgende week oop. Volgens dr. David Namwandi, stigter van die International University of Management is die instelling slaggereed. Namwandi het egter gemaan dat studente steeds versigtig en gedissiplineerd moet wees. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.