Fondsinameling vir 14-jarige naelloper van Ohangwena

Die Namibiese Skolesport-unie het ‘n fondsinsameling van stapel gestuur vir bystand vir die 14-jarige Epifania Johannes, ‘n graad 9 leerder in die Ohangwena-streek. Epfiania is ‘n 100- en 200-meter naelloper en is gekies om in Serwië aan die Internasionale Skolesportfederasie se wêreldspele vanaf 10 tot 19 September vanjaar. Alexander Teofelus, voorsitter van die skolesport-unie in die Ohangwena-streek het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.