Ndeitunga ontmoet met reserviste

Die hoof van die Namibiese polisie luitenant-generaal Sebastian Ndeitunga het vergader met die mag se reserviste in die Otjozondjupa-streek. Ndeitunga het die lede op Otjiwarongo ontmoet en is vergesel deur generaal-majoor Joseph Shikongo, die adjunk-luitenant-generaal van operasies in die mag. Ndeitunga het die lede gevra om meer te doen om te verseker dat eiendom beveilig word en dat gemeenskappe veilig is. Hy sê verdere opleiding sal binnekort aangebied word. Die reserviste, wat gratis diens aan Nampol bied, het aan die hoof gesê dat uniforms baie sal bydra tot hulle geloofwaardigheid omdat lede van die publiek hulle nie glo nie, veral in landelike gebiede.