Universiteit van Johannesburg stel ook verpligte inentings in

Die raad van die Universiteit van Johannesburg het ‘n verpligte inentingsbeleid goedgekeur. Toegang tot kampusse en geriewe sal vanaf Januarie tot ingeënte personeel, nadoktorale navorsingsgenote en studente beperk wees. Die stap volg nadat die Universiteite van die Witwatersrand, Kaapstad en die Vrystaat ‘n soortgelyke besluit geneem het. UJ voeg by uitsonderings ten opsigte van mediese of godsdienstige redes sal oorweeg word. Hierdie beleid sal egter die regte van individue gelykstel aan die kollektiewe regte van die breër universiteit en die omliggende gemeenskap.