Man met Mini-motor op sy kop, jaag 100 wêreldrekords

‘n Kunstenaar wat roem verwerf het deur ‘n Mini-motor op sy kop te balanseer, wil 100 wêreldrekords agter sy naam skryf voor hy aftree. Die 74-jarige John Evans van Derbyshire sê vasberadenheid en wilskrag het hom tot hier gebring. Evans het reeds meer as vyf miljoen Namibiese dollar vir welsyn ingesamel met sy balanseer-toertjie, wat hom rondom die wêreld geneem het. Evans sê hy is tans die houer van 98 wêreldrekords, waarvan Guiness 50 erken het.