Universiteit Stellenbosch ontnugter oor rassisme-verslag

Die Universiteit Stellenbosch het die verslag ontvang van ‘n onafhanklike kommissie ná ’n ondersoek na beweerde rassisme by die universiteit. Die rektor en vise-kanselier van die universiteit, professor Wim de Villiers, het die verslag van die onafhanklike Khampepe-kommissie van ondersoek na beweerde rassisme by die US ontvang. Hy sê dit is ’n ontnugterende oomblik vir die universiteit. De Villiers sê dit is duidelik dat swart personeel en studente nie by die US welkom voel nie, ondanks hul doelbewuste transformasie-pogings tot nou toe.