Namibië vaar goed met digitale transformasie

Die Namibiese adjunkminister van inligting en kommunikasietegnologie, Emma Theofelus sê Namibië vaar baie goed in terme van digitale transformasie. Die streeksteiken is bereik voor sy sperdatum, het sy tydens die 2022 Ministeriële Forum vir die Ontwikkeling van Afrika se digitale ekonomie in Kaapstad, Suid-Afrika, bevestig waar sy deel was van ‘n paneelbespreking oor Afrika se vordering in digitale transformasie. Sy sê in 2015 het Namibië die SAOG se teiken van 67 persent digitale transformasie bereik deur die ontplooiing van digitale uitsaaiwese. Sy sê dié teiken is vandag selfs hoër en radio-uitsendings het drasties verbeter. Theofelus voeg by dat 98 persent van Namibië se bevolking na die radio luister wat gelei het tot verbeterde toegang tot inligting en kommunikasie.