Springbok-afrigter het vertroue in Libbok

Rugby: Die Springbokke se hoofafrigter, Jacques Nienaber, het aan die druk toegegee en die erkende doelskopper Manie Libbok in sy wedstrydgroep ingesluit vir Saterdag se toets teen Frankryk in Marseille. Nienaber het vyf veranderings en twee skuiwe aangebring aan die span wat teen Ierland verloor het toe Damian Willemse en Cheslin Kolbe sewe punte verspil het met verbroude doelskoppe. Willemse behou die nommer 10-trui, terwyl Libbok, wat vir die Stormers losskakel speel, sy debuut van die bank af kan maak. Nienaber sê hy het vertroue in Libbok se vermoëns.