Unita verwerp uitslae, maak saak by hof

Angola se Unita-opposisieparty sê hy het ‘n saak by die Konstitusionele Hof aanhangig gemaak om die uitslae van verlede week se verkiesing waarin die regerende MPLA as die wenner verklaar is, nietig te verklaar. Die land se verkiesingskommissie die MPLA as wenner verklaar met net meer as 51 persent van die stem wat hy op hom verenig het. Unita het volgens die kommissie sowat 44 persent ontvang – sy beste uitslag ooit. Unita het herhaaldelik gesê dat hy nie die uitslae erken nie, en dat verskeie klagtes by die verkiesingskommissie ingedien is. Die party het teenstrydighede tussen die kommissie se telling en die party se eie telling aangehaal.