Oorwinning vir aanspreeklikheid, sê DA

Die DA in Suid-Afrika sê hulle het saam met opposisiepartye in die Parlement ‘n oorwinning behaal vir aanspreeklikheid. Dit volg nadat die Speaker van die Nasionale Vergadering, Nosiviwe Mapisa- Nqakula, ingestem het om ‘n aparte sitting te reël sodat President Cyril Ramaphosa die res van die vrae oor die Phala Phala-plaasdiefstal kan beantwoord. Die DA-woordvoerder, Siviwe Gwarube, sê die speaker het Dinsdag ‘n sitting wat Ramaphosa sou kans gee om verskeie politieke partye se vrae te beantwoord, onbehoorlik verdaag: