Red Bull is aan die begin van oorheersing – Hamilton

Die sewemalige Formule Een-wêreldkampioen, Lewis Hamilton, sê Red Bull is dalk aan die begin van ‘n era van oorheersing soortgelyk aan wat hy met Mercedes beleef het. Die heersende wêreldkampioen, Max Verstappen, is goed op pad na ‘n tweede agtereenvolgende titel en het tot dusver reeds nege van die seisoen se 14 wedrenne gewen. Red Bull gaan waarskynlik ook hul eerste konstruksietitel sedert 2013 wen. Hamilton sê ‘n vinnige motor in een jaar word die volgende jaar nog vinniger. Hy sê dit gaan baie moeilik wees om Red Bull in die huidige motorontwerp-siklus in te haal.