Unita-ondersteuners betoog in Angola teen verkiesingsuitslae

Duisende Angolese het die strate ingevaar in ‘n betoging teen wat hulle sê ‘n gebrekkige verkiesing was. Die regerende MPLA het verlede maand 51 persent van die stemme op hom verenig. Intussen het Unita, wat 44 persent van die stem ontvang het, geen sukses in die land se konstitusionele hof om die uitslae ter syde te stel, gehad nie. Unita, wat byna drie dekades lank in ‘n burgeroorlog teen die regerende MPLA was, het baie van sy stemme ontvang van jeugdiges wat voel dat hulle geen voordeel trek uit die land se olierykdom nie. Die betoging, wat deur Unita se leier, Adalberto Costa Junior, gereël is , was vreedsaam. Unita glo daar was bedrog maar het tot dusver geen bewyse van hul bewerings bekend gemaak nie.