SA se erfenis word deur stryd gedefinieer – Ramaphosa

President Cyril Ramaphosa sê Suid-Afrika is ‘n nasie met ‘n erfenis wat gedefinieer word deur stryd, moed, deursettingsvermoë en die vasberadenheid om selfs die grootste uitdaging te oorkom. Ramaphosa het Saterdag by die Erfenisdagvieringe by die Uniegebou in Pretoria gepraat. Die president sê Suid-Afrikaners moet saamwerk om die verreikende maatreëls te implementeer wat beurtkrag sal beëindig, die ekonomie sal herbou en werk sal skep.