All Blacks behou kampioenskap na groot oorwinning

Die All Blacks het Saterdagoggend op Eden Park in Auckland die Wallabies met 40-14 geklop. Dit was die 23ste agtereenvolgende nederlaag op Eden Park teen hul Nieu-Seelandse gashere. Die All Black-oorwinning het die Springbokke ‘n berg gelaat om later die dag teen Argentinië te klim. Die Bokke het wel op Kingspark in Durban die Pumas met 38-21 geklop, maar dit was nie genoeg om die Rugbykampioenskapstrofee van Nieu-Seeland af te rokkel nie.