Unicef eis vrylating van vermiste kinders in Mianmar

Die dodetal nadat weermaghelikopters op ’n skool in Mianmar losgebrand het, staan volgens mediaberigte op ten minste 11. Die Verenigde Nasies se kinderfonds, Unicef, sê minstens 11 kinders is dood en 15 steeds vermis nadat lugaanvalle in burgerlike gebiede onder meer ‘n skool in die Tabajin-township in die Sagaing-streek getref het. Unicef het gevra vir die onmiddellike en veilige vrylating van vermiste kinders. Volgens die organisasie Save the Children is daar gerugte dat ‘n verdere 17 kinders in die aanval beseer is.