Springbok-afrigter maak twee veranderings aan span

Rugby: Die Springbok-afrigter, Jacques Nienaber, het net twee veranderings aan sy beginspan gemaak vir Saterdag se laaste Rugbykampioenskapstoets teen Argentinië op Kingspark in Durban. Die ervare agterspeler, Frans Steyn, sal op losskakel begin in die plek van die beseerde Damian Willemse, terwyl Pieter-Steph du Toit terugkeer na die beginspan op flank in Franco Mostert se plek. Nienaber het die betroubare ses-twee-verdeling op die bank gekies. Die haker, Bongi Mbonambi, keer terug ná ‘n besering en Kurt-Lee Arendse is terug ná sy skorsing oor ‘n gevaarlike duikslag.