Khomas neem afskeid van sy polisiebevelvoerder

Die voormalige polisiebevelvoerder van die Khomas-streek en nou die streeksbevelvoerder van die Omusati-streek, kommissaris Ismael Basson neem afskeid van die Khomas-streek en gaan dieselfde pos in Omusati-streek beklee. Kommissaris Basson is bekend as ‘n toegewyde dienaar van die Namibiese polisie. Vandag met sy afskeid het die nuut aangestelde inspekteur-generaal van die Nampol, luitenant-generaal Joseph Shikongo, vir Basson en sy opvolger, kommissaris David Indongo sterkte toegewens.