Dr. Bruwer reageer op nuwe mutasie in SA

Nuwe navorsing toon Suid-Afrika kan dalk met ‘n nuwe variant van Covid-19 te doen hê. Daar word daarna verwys as die C.1.2-mutasie. Die New Frame-webtuiste vir maatskaplike geregtigheid berig dit is die eerste keer in Mei in Mpumalanga en Gauteng opgespoor. Die mutasie is ook al in China, Engeland, Nieu-Seeland, Portugal, Switserland en selfs die DRK bevestig. Voorlopige bevindings toon die mutasie bied weerstand teen die inentings. Die Windhoekse pulmonoloog dr. Willie Bruwer het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.