Unam se toep internasionaal vereer

Die Universiteit van Namibië is trots op hul mobiele onderrigtoepassing wat ‘n internasionale toekenning by die 18de Internasionale Konferensie oor e-Sake gewen het. Die mobiele toepassing, “Lilonga-Nenyanyu”, is ontwerp om kinders te help om hul kennis in wiskunde en Oshindonga te verbeter. Dit is ontwerp deur ‘n student, Caroline Mulundu, senior lektor Victoria Hasheela-Mufeti en dosent Maria Ntinda van die departement van rekenaarwese, wiskunde en statistiek ontwerp. Simon Namesho, ‘n bemarkingsbeampte van Unam, deel sy opwinding met Kosmos 94.1 Nuus.