Unam sê oor eksamenrooster en studenteraad se ingryping

Die Universiteit van Namibië se finale eksamenrooster sal môre bekend wees. Die studenteraad het ‘n kennisgewing uitgereik dat die eksamenrooster aangepas word. Luidens die verklaring was die voorgestelde en finale rooster, soos deur die universiteit opgestel, onrealisties. Gevolglik, is die begin van die eksamens vanaf 28 Oktober tot 31 Oktober uitgeskuif. Simon Namesho, woordvoerder van Unam het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.