Kawana se regsopinie gebruik om Ekandjo uit wedloop te gooi

Plaaslike berigte lui dat die regsopinie van die minister van binnelandse sake, Albert Kawana deur Swapo gebruik is om Jerry Ekandjo se kandidaatskap vir die pos van vise-president te keer. Ekandjo se deelname aan die partyverkiesing is Vrydag deur Swapo se sentrale komitee gekeer. Ekandjo het reeds met regstappe gedreig indien hy nie toegelaat word nie. Hy meen die uittrede van verdedigingsminister Frans Kapofi laat hom toe om deel te neem omdat hy net minder stemme as Kapofi ontvang het. Daar word berig dat ‘n tegniese komitee wat deur Swapo se sentrale komitee daargestel is, vandag met Ekandjo sal vergader om hom die nuus mee te deel.