Unam se dierehospitaal word verwelkom

‘n Plaaslike veearts is verheug oor die opening van Unam se Akademiese dierehospitaal in Windhoek. Namibiese vise-president Nangolo Mbumba het in sy hoedanigheid as Unam-visekanselier die Akademiese dierehospitaal in Windhoek amptelik ingehuldig. Die hospitaal sal troeteldiere bedien en is soggens oop tot 12-uur, ook op Saterdae. Dr. Theuns Laubscher, ‘n veearts van Windhoek sê aan Kosmos 94.1 Nuus sê die toekoms is blink vir navorsing in veeartseny in Namibië.