Hulp dringed nodig by Rehoboth-brand

Hulp en bystand word dringend benodig by die brand wat Woensdag tussen Kalkrand en Rehoboth ontstaan het. Van die bestryders is reeds sedert Woensdagmiddag besig. Op die oomblik word voorbrande gemaak om te keer dat die veldbrand wat in die berge in versprei het Rehoboth bereik. Dit het ook weer ongeveer 50km vanaf Kalkrand opgevlam. Sean Naude van die Namibia Marshal Rangers se span is op die toneel.

Hy doen ‘n beroep op mense wat kan help om asseblief aan te tree.