Unam-navorsing maak goeie vordering met hondsdolheid en koedoes

Hondsdolheid bly ‘n uitdaging vir Namibië se koedoes en daar is gereeld van die diere wat dol is, wat in die hoofstad, en elders gesien word. Navorsing deur die Universiteit van Namibië het belowende resultate getoon, soos die bekende veearts, dr. Rainer Hassel, wat die studie gelei het, verduidelik.