Uitspraak voorbehou in appèlsaak van Gustavo-borg

Uitspraak is voorbehou in die staat se appèl teen die toestaan van borgtog aan Fishrot-beskuldigde Ricardo Gustavo in die Windhoekse hooggeregshof. Die staat wil die 800 000 Namibiese dollar in borg wat aan Gustavo deur regter Herman Oosthuizen toegestaan is, van die hand laat wys. Regters Dave Smuts, Sylvestor Mainga en Elton Hoff was op die regbank. Regter Mainga sê die argumente sal nou oorweeg word.