Pres. Geingob besoek Namdia

President Hage Geingob het vandag die hoofkantoor van die diamantmaatskappy Namdia in die hoofstad besoek. Namdia se nuut aangestelde uitvoerende hoof, Alisa Amupolo, het ook ‘n oorsig gegee oor haar eerste 100 dae in die amp. Die geleentheid is ook bygewoon deur die minister van myne en energie, Tom Alweendo en Ryan Eiseb, voorsitter van die Namdia-raad. Skakelbeampte van Namdia, Beverley Coussement gesels met Kosmos 94.1 Nuus.