Uitspraak voorbehou in Appèlhof in Botswana oor wettiging van gay seks

Regters in die Appèlhof in Botswana het uitspraak voorbehou in ‘n saak waarin die regering ‘n beslissing wil omkeer wat gay seks wettig verklaar. Hulle sê die saak verg verdere navorsing en bespreking. ‘n Universiteitstudent, Letsweletse Motshidiemang, het die saak aanvanklik aanhangig gemaak. Sy verteenwoordigers het in 2019 aangevoer die regering moet die wet skrap weens ‘n veranderde samelewing waarin homoseksualiteit meer algemeen aanvaar word. Voor die uitspraak was gay seks in Botswana strafbaar met tot sewe jaar gevangenisstraf. Omar van Reenen van Equal Rights Namibia gee sy mening, ook in Namibiese verband, aan Kosmos 94.1 Nuus.