Oudsoldate betoog steeds buite ANC-hoofkwartier

Oudsoldate uit die vryheidstryd betoog steeds buite die ANC-hoofkwartier in Johannesburg en eis vergoeding van 2,2 miljoen rand vir elke lid wat aan die vryheidstryd deelgeneem het. Die groep van Pietermaritzburg sluit lede in van die Mkhonto weSizwe-vereniging vir oudstryders, voormalige lede van die PAC se Azanian People’s Liberation Army, en Azapo se Azanian National Liberation Army. Hulle kamp reeds sedert Sondag in die ANC-kantoor. Die groep se leier, Lwazi Mzobe, sê ten spyte van ‘n vergadering met adjunkpresident David Mabuza, sal hulle voortgaan met die betoging tot hulle ‘n bevredigende antwoord kry.