Oudlid van misdaadintelligensie skuldig bevind aan korrupsie

‘n Gewese lid van misdaadintelligensie is in Mount Frere se landdroshof in die Oos-Kaap skuldig bevind op aanklagte van korrupsie. Volgens kaptein Yolisa Mgolo­dela het die 52-jarige Khangelani Ngejani ‘n staatsgetuie afgepers en beweer die moordsaak wat laat vaar is omdat sy ‘n staatsgetuie is, is weer ingestel. Hy het ook beweer hy is aangestel om die saak te ondersoek. Mgolodela sê Ngejane sal op 19 Oktober in die streekhof in Lusik­isiki gevonnis word.