Uitspraak oor Hatuikulipi se borg-aansoek voorbehou tot 27 Desember 

Regter David Munsu het vandag in die Windhoekse hoërhof sy uitspraak oor die borgtogaansoek deur een van die Fishrot-beskuldigdes, Tamson Hatuikulipi, tot 27 Desember voorbehou. Al die Fishrot-beskuldigdes is weer agter tralies nadat beskuldigde Ricardo Gustavo se borgtog ook herroep is. Gustavo, wat in Desember verlede jaar deur regter Herman Oosthuizen in die hooggeregshof op borgtog van 800 000 Namibiese dollar vrygelaat is, is op 2 Desember terug tronk toe gestuur nadat die appèl teen sy vrylating in die Hooggeregshof geslaag het.