Politieke analis sê Geingob moet oppas oor Politburo-aanstellings

‘n Politieke analis sê President Hage Geingob moet oppas oor die boodskap wat hy uitstuur met die aanstelling van sy prokureur, Sisa Namandje, en voormalige minister van onderwys, Katrina Hanse-Himarwa, in die Swapo-Politburo. Die party se grondwet laat die President toe om twee lede in die Politburo aan te stel, ’n man en ’n vrou. Geingob het Namandje in Swapo se sentrale komitee aangestel, terwyl Hanse-Himarwa is op die onlangse Swapo-kongres tot die sentrale komitee verkies is. Die politieke ontleder dr. Ndumba Kamwanyah sê aan Kosmos 94.1 Nuus hy is verras deur Geingob se keuse.

Oor die besluit op die onlangse Swapo-kongres dat die Namibiese regering Air Namibia wil laat herleef, het Kamwanyah só reageer…