Uiters poreuse Noorde-grens moet herstel word – goewerneur

Die goewerneur van die Oshana-streek het gereageer op die smokkelary van onwettige brandstof in die Noorde wat skerp toegeneem het. Die ministerie van myne en energie is baie bekommerd oor die tendens en sy woordvoerder Andreas Simon sê dit handel glad nie oor die huidige brandstofprys nie, die probleem lê by die grens wat uiters poreus is. Die goewerneur van die Oshana-streek, Elia Irimari, sê aan Kosmos 94.1 Nuus die versterking van grensbeheer is van groot belang om verdere smokkel van onwettige brandstof in die land te vermy.