Serena kan nog nie aftree nie, wen weer

Die 40-jarige Serena Williams kan steeds nie aftree nie. Sy het in haar swanesang-toernooi in die tweede ronde van die Amerikaanse Ope met die wêreld se nommer twee, Anett Kontaveit, afgereken. Die Amerikaner het die Estlander met 7-6, 2-6 en 6-2 verslaan in ‘n volgepakte Arthur Ashe-stadion in New York. Die 23-malige grand slam-enkelspelkampoen het onlangs aangekondig dat sy haar sportloopbaan wil afskaal. Williams sê sy is tevrede met haar huidige vertoning: