Uitbuiting van verbruikers – daar moet gevolge wees

Reaksie word ontvang op die bevinding deur die Suid-Afrikaanse Mededingendheid kommissie dat dit nie die oorlog in Oos-Europa is wat die prys van sonneblomolie opstoot nie. Die rolspelers in die waardeketting het hul pryse met 72 persent opgestoot. Sonneblomsaad se prys is stabiel en hoër insetkoste regverdig nie die prysstygings wat in die mark ervaar is nie. Frederico Links, ‘n navorser by die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing sê die neiging is kommerwekkend.