Swapo se gebou, en standbeeld, is klap in die gesig

Die standbeeld van die stigterspresident, in goud, op die dak van die spiksplinternuwe Swapo hoofkantoor, lok reaksie uit. Dit wil voorkom asof Nujoma ‘n klein kind vashou. Die gebou, wat 730 miljoen Namibiese dollar kos, het reeds groot kritiek uitgelok, veral omdat dit oorkant die vervalle Katutura-hospitaal is. Swapo het nog geen kommentaar oor die beeld gelewer nie maar, die vise-president van die Independent Patriots for Change, Trevino Forbes, sê dis ‘n klap in die gesig. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.