SA se mans, ja mansnetbalspan neem aan Amerikas-kampioenskap deel

Suid-Afrika se manspan sal vanaf die eerste tot die vierde van volgende maand na die Karibiese Eilande reis vir die Amerikas-kampioenskap. Die toernooi sal op die Arnos Vale-sportkompleks in Saint Vincent en die Grenadines plaasvind. Span Suid-Afrika sal teen Antigua en Barbuda, Grenada, Jamaika en Saint Vincent en die Grenadines te staan kom. Die span word gelei deur die hoofafrigter, Jabulani Vilani.