Uitbreking van pampoentjies in Swakopmund vermoed

‘n Uitbreking van pampoentjies word in die Swakopmund-distrik in die Erongo-streek vermoed. Volgens ‘n interne memo van die Namibiese gesondheidsministerie is 26 gevalle van pampoentjies in die Swakopmund-distrik aangemeld, waarvan 20 gevalle in Swakopmund en drie gevalle elk in Arandis en Hentiesbaai. Monsters is van 11 gevalle geneem en daar word vir die toetsuitslae gewag. ‘n Uitbreking sal bevestig word as drie of meer gevalle positief toets. Pampoentjies is ‘n hoogs aansteeklike siekte.