Kaapstad-burgemeester sê stad wil kragkoste verlaag

Die burgemeester van Stad Kaapstad, Geordin Hill-Lewis, sê enige verhoging vanaf Eskom wat bo inflasie is, is onbekostigbaar en onregverdig, aangesien inwoners reeds sukkel weens die styging in lewenskoste. Hill-Lewis sê die stad werk onverpoosd daaraan om die koste van krag te verlaag deur verkryging vanaf onafhanklike kragprodusente, en doen ‘n beroep op Eskom om dieselfde te doen.