Moontlik uitbreking van varkgriep in Namibië

Die uitvoerende direkteur in die Namibiese gesondheidsministerie, Ben Nangombe, het die moontlike uitbreking van varkgriep in die land bevestig. Nangombe sê die ministerie is tans besig met voorlopige ondersoeke na die moontlike voorlopige gevalle van varkgriep. Hy sê op hierdie stadium het die ministerie net voorlopige inligting wat dui op ‘n moontlike uitbreking van varkgriep. Die publiek sal môre ingelig word. Nangombe het intussen Namibiërs aangeraai om die nodige voorsorgmaatreëls te tref, terwyl die ministerie sy ondersoeke finaliseer. Varkgriep is ‘n aansteeklike respiratoriese siekte wat gekenmerk word deur koors, ‘n seer keel, lyfseer, kouekoors, hoes en lusteloosheid.