Uganda sluit skole vroeër om Ebola te stuit

Uganda het aangekondig dat hy die skooltermyn met twee weke gaan verkort in ‘n poging om die verspreiding van Ebola hok te slaan. Die minister van onderwys, Janet Kataha Museveni, sê die kabinet het besluit om kleuterskole, laerskole en hoërskole op 25 November te sluit, aangesien digbevolkte klaskamers leerders baie kwesbaar maak vir besmetting. Die land het altesaam 135 bevestigde gevalle en 53 sterftes. Altesaam 23 kinders is onder die bevestigde gevalle, waarvan agt gesterf het